Ontwaak Strokies

Lees vorige strokie

Lees volgende strokie

Strokie K16

Toe ek so 12 was het ek een vakansie by my Ouma gaan kuier daar in ʼn klein dorpie in die Wie Weet Waar. Daardie vakansie het ek met drie uitsonderlike bobbejane maats gemaak;  Stoffel, Christoffel en Pantoffel.  Maar my ouma het altyd gesê – daai drie het groot nood,  jy kan mos sien hoe skeef trap hulle voete. Maar nou ja.  Groot was my verbasing om al drie kamerade in Nataniël se nuwe vertoning by Emperor’s Palace te sien! Al het hulle so ʼn bietjie opgestop gelyk was hulle toneelspel uitmuntend. Nataniël was ook nie te sleg nie, al het hy op een punt so ʼn bietjie blou gelyk. Gaan kyk gerus self!

© Janette 2012